


Ons help jou Impaq leerder/s met hul tuisonderrig reis.

Help ons asseblief om aan te hou 'n verskil maak.
Bank Naam: Capitec Business
MAROELA AKADEMIE PTY LTD
Rekening Tipe: Current
Rekening nommer: 1051001072
Takkode: 450105
Loer wat ons aanvang op ons Facebook blad!
Hoekom Maroela Akademie kies?
Ons bied geleenthede vir Graad 1 tot Graad 9 hoofstroom- en hoëfunksionerende kinders op die spektrum
By Maroela Akademie het ons klein klasse wat leerders die geleentheid gee om meer een-tot-een aandag te geniet. Leerders kry die geleentheid om te sosialiseer en vaardighede aan te leer in 'n omgewing waar hulle gemaklik en veilig voel.
Die program wat ons volg...
Impaq het in 2002 begin en sedertien die grootste tuisonderrigkurrikulumverskaffer in SA geword. Leerders reg oor die land kan van Graad R-12 tuis voltooi. Leerders kan met Impaq 'n standaard Matriek sertifikaat ontvang en Universiteitsvrystelling kry. Impaq is in lyn met CAPS.
Kundige Tutors
Ons tutors is ervare en kom met kreatiewe oplossings vorendag in hul onderskeie velde. Hulle bied die leiding en ondersteuning wat u kind nodig het om akademies hul volle potensiaal te bereik.
​
Ons het 'n progressiewe onderwysfilosofie. Dit beklemtoon die ontwikkeling van die hele kind: fisies, emosioneel en intellektueel. Leer is gebaseer op die individuele behoeftes, vermoëns en belangstellings van die student. Dit lei daartoe dat leerders gemotiveerd en entoesiasties is oor leer.
Ons progressiewe dagsorg...
Ons beoog om Januarie 2026 ons progressiewe baba en kleutersorg te open. Ons is gefokus daarop om babas en kleuters kognitief te stimuleer sodat hulle hoër kognitiewe vermoeë het teen die tyd wat hulle skoolgaande ouderdom bereik.
​
Ons het 'n 5 sintuig benadering wat ons gebruik om babas en kleuters te leer deur speel.


Hoe het Maroela Akademie begin?
Tutor Impaq sedert 2021
Mev. Héleen Fourie het Maroela Akademie begin om haar ADHD-Outistiese kind te help. Sy het sedert 2014 by privaatskole skool gegee en het intussen 'n stresvolle persoonlike reis met haar kind deurgegaan. Sy moes hom in een jaar in sy derde skool sit omdat hy doodeenvoudig nie aangepas het nie. Dit het mev. Fourie laat besef dat hoëfunksionerende kinders op die spektrum deur die krake val in privaat en selfs staatskole. Met oorvol klasse kry hoëfunksionerende kinders op die spektrum en selfs leerders wat met COVID agter geraak het, nie die ondersteuning wat hulle nodig het nie. Daar is navorsing wat bewys dat kinders op die spektrum en met agterstande met die regte ondersteuning kan floreer. Dit was haar inspirasie om haar studies, navorsing en ervaring te gebruik om leerders te help hul potensiaal bereik.

“Jy kan dit nie alleen doen nie. Vind iemand wat kan bydra tot jou kind/ers se toekoms, wat hul uitdaag en inspireer, wat tyd saam hul sal spandeer en hul lewe verander.”
Héleen Fourie